Biografie 

 

english German

Wanneer Louise Smit (née Bekker) aan haar kinderjare in die Paarl dink, is dit ’n oneindige oefening van toonlere op die klavier. Haar pa, ’n kranige klavierspeler, wou van al sy kinders pianiste maak. Louise het gevoel sy wou eerder op die klavier dans. Agt oktawe het haar beperk. Saans was dit storietyd. Haar ma, ’n onderwyseres en bobaasverteller, het die ses kinders aan haar lippe laat hang.

Na gelukkige skooljare aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, studeer sy Dramakuns aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna gaan sy na Malawi, Sentraal - Afrika, waar sy hoofsaaklik kinderwerk doen. Sy voer die inheemse volksverhale op en dit lei tot weeklikse radioprogramme in die Chicewa - taal. Terug in Suid - Afrika aanvaar sy ’n pos by die Johannesburgse Stadskouburg se marionette - teater.

Hierna word sy aangestel as regisseur, kinderprogramme van die SAUK - TV. Haar eerste programme, Wielie Walie en Haas Das se Nuuskas, was treffers. Sy skep en maak ook programme in isiXhosa, isiZulu, Sotho, Pedi, SetTswana en Engels.

In 1980 begin sy haar eie TV-ateljee, Kinnor Studios waar haar programme onder Louise Smit Produksies vervaardig is. 20 jaar later verkoop sy dit aan Red Pepper Produksies met haar aftrede van televisie.

Sy kook graag met Mozart se musiek hard in die agtergrond en lees baie. Sy is getroud, woon tans in Duitsland en het ’n dogter. Sy skryf nou voltyds.

Louise_2019a

Latest books
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Navigation
Main Awards

SALA

South African Literary Awards (SALA) - Lifetime Achievement Award

 

ATKV WOORDVEERTJIE LITERARY AWARD (2018)

Three Artes Awards for best Television programmes (equivalent of the Emmy) South African Broadcasting Corporation.

Unima Puppet Award for best contribution to puppetry in South Africa.

Prix de Jeunesse Award - Munich, 1996 for Kideo.

Tokyo International Award for innovation, Kideo.

Golden Plume Award for her contribution and excellence from the South African Broadcastng Corporation.

Two Star Tonight Awards - Star Tonight newspaper, for director of Liewe Heksie as well as director and creator of Wielie Walie and Haas Das.